2 maande gelede
Vroulike cop maak skande
Lusanda Sulani  ~ 

’N OPROERIGE vroue-polisiekonstabel is gister al gillend aan haar arms en bene by die Baaise hooggeregshofgebou uitgeboender.

Dít oor sy en ’n kollega hulself glo misrepresent het.

Hulle was daar om die verhoor van die vermeende Nigeriese sekspes-pastoor, Timothy Omotoso (59), en sy twee medebeskuldigdes, Lusanda Sulani (36) en Zukiswa Sitho­ (26) by te woon.

Omotoso is senior pastoor in sy Jesus Dominion International-kerk.

Son verneem die twee polisievroue het gisteroggend by die hoërhof opgedaag en hul polisie-identifikasie aan sekerheidspersoneel by die hof getoon om toegang te verkry.

past. Timothy Omotoso Foto’s: Theo Jeptha

Hulle het aan die hof se security gesê hulle is daar as “protokol-waarnemers”.

Die vroue het by die hofsaal ingestap en langs Omotoso se vrou in die hofgalery gaan sit.

’n Security guard het snuf in die neus gekry en die ondersoekbeampte in die saak, AO Peter Plaatjies, van die Hawks, van die twee vroue verwittig.

Plaatjies het toe – vergesel deur ’n groepie cops – by die hofsaal ingestap en die twee na buite die hofsaal geroep en hulle verbied om die hofverrigtinge by te woon.

Die een cop het ingestem, maar die ander het ’n performance in die hofsaal opgesit.

Toe die polisie haar vreedsaam uit die hofgebou wou begelei, het sy op hulle gegil: “Op grond waarvan gooi julle my uit? Ek sál nie uitgaan nie!

Zukiswa Sitho

“Laat ek my lawyers bel­! Julle misbruik julle mag hier!

“Julle gaan nie julle mag misbruik nie­!”

Sy het later op die vloer gelê en begin skop en trap.

Dis toe dat die cops haar aan die arms en bene gryp en haar sonder seremonie uit die hofgebou dra.

Dit het later aan die lig gekom sy is actually lid van Omotoso se kerk.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie gaan die voorval intern ondersoek.

Intussen het Omotoso, Sulani en Sitho gister geweier om te pleit op die 97 seksverwante klagte – waarvan 63 die hoofklagte en 34 alternatiewe klagte is.

Pleit

los my! Die konstabel gooi ’n tantrum oor sy uitgesit is.

Die aanklagte wissel van verkragting en seksuele aanranding tot human trafficking.

Toe die beskuldigdes geweier het om op die klagte te pleit, het regter Mandela Makaula op elke klag ’n pleit van onskuldig aangeteken.

Die beweerde voorvalle het tussen 2009 en 2017 plaasgevind.

Die verhoor word vandag voortgesit.

Peter Daubermann verskyn vir die beskuldigdes.

                            Adv. Nceba Ntelwa kla aan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters