Verlede maand
Vrou wat verdink word van seuns se rape kry bail
 ~ 

SY HET verantwoordelikhede en ’n job waarna sy moet teruggaan. Só het ’n 44-jarige Eskom-werker in haar borgtogaansoek in die landdroshof in Oos-Londen verduidelik.

Sy word aangekla van die rape van twee 14-jarige seuns.

Sy is Dinsdag op R1 000 bail vrygelaat nadat sy vroeër daarop aangedring het dat haar borgtog-aansoek geprioritiseer word weens die belangrikheid van haar werk.

In haar aansoek het aan die lig gekom dat sy ’n vriend is van albei die seuns se ouers en naby hulle woon.

Sy het aangedui dat sy onskuldig gaan pleit. Die staat het nie die borgtog teengestaan nie, maar gesê sy moet elke Woensdag by die Bonza Bay-polisiestasie aanmeld.

Sy het geen vorige veroordelings of sake teen haar nie.

Die vrou is ook beveel om weg te trek van die seuns af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters