Verlede maand
Vrou voor oor bedrog met gr. R-poste
Since schools are closed, should school fees be wa
Die beweerde bedrog met gr. R-poste het die onderwysdepartement na bewering R1,2 miljoen gekos.  ~ iStock

'N VROU wat voorheen as onderwysspesialis vir die Oos-Kaapse onderwysdepartement  gewerk het, verskyn binnekort in Gqeberha in die hof op bedrog- en geldwasseryklagte.

Die verdagte het tussen Januarie 2009 en November 2010 as senior- onderwysspesialis asook koördineerder van die vroeë kinderontwikkelingsprogram gewerk.

Kapt. Yolisa Mgoledela, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het na bewering verskeie bedrieglike aansoeke ingedien wat tot onremagtige aanstellings van gr.R-onnies gelei het.

Mgoledela sê sy het na bewering amptenare van die departement oorreed om die persone aan te stel en ook om maandelikse toelae goed te keur. Daarna was die gr.R-onnies glo beveel om die geld te trek en aan haar te oorhandig.

Die onderwysdepartement het verliese van meer as R1,2 miljoen gelei. Die saak word reeds sedert 2010 deur die Valke ondersoek.

Die vrou sal na verwagting haar eerste verskyning op 25 Oktober maak.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters