Verlede maand
Vrou vas wat voorgee sy's 'n dokter
dfdf
Meer as R700 000 se medikasie is deur die polisie op beslag gelê.  ~ Foto Verskaf / SAPD

'N VROU wat in die Oos-Kaap sonder lisensie as mediese dokter gepraktiseer het, is Donderdag saam met haar kamstige assistent in hegtenis geneem.

Hul inhegtenisneming kom nadat die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in September verlede jaar inligting ontvang het dat sy in Molteno in 2018 sonder 'n lisensie as mediese dokter begin praktiseer het. 

Brig. Tembinkosi Kinana, 'n polisiewoordvoerder, sê 'n operasie genaamd "Operation Corona" is deur die poilsie in samewerking met die Suid-Afrikaanse beheerraad vir gesondheidsprodukte begin.

"Die twee verdagtes is gevind waar hulle in hul spreekkamer besig was en is onmiddellik gearresteer. Een van die verdagtes, die assistent, is vermoedelik die boyfriend van die kastige dokter," sê Kinana.

Die polisie het die dag na hul arrestasie op medikasie met 'n geraamde waarde van R700 000 en ongebruikte naalde beslag gelê.

Genl. maj. Thembisile Patekile, waarnemende provinsiale kommissaris, het die sukses van die operasie geloof.

Patekilie het ook kommer uitgespreek oor die oneindigende vlak van bedrog in die samelewing.

Die 33- en 40-jarige verdagtes het Vrydag in die Queenstown-landdroshof op klagte van bedrog en oortreding van die Wet op Medisyne verskyn.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters