11 dae gelede
Vrou vas vir moord op man
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Foto ter illustrasie deur Unsplash (Bill Oxford)  ~ Photo by Bill Oxford on Unsplash

DIE cops in Graaff-Reinet het ’n 42-jarige vrou gearresteer vir die moord op ’n 32-jarige man.

Kapt. Bradley Rawlinson, ’n polisiewoordvoerder, sê die man is Saterdag 11:45 in Tulipstraat in Asherville doodgesteek.

Hy is een keer in die bors gelem.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Rawlinson sê die vrou is gearresteer en sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die naam van die slagoffer mag nie bekend gemaak word nie, want sy naasbestaandes is nog nie van sy dood in kennis gestel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters