8 maande gelede
Vrou vas oor ‘gun’-patrone
dodelik: Dié patrone is by ’n vrou in die Paarl gevind.Foto: sapd  ~ 

LEDE van die polisie se eenheid teen bendebedrywighede het ’n vrou Maandag ge­arresteer vir die onwettige besit van ammunisie.

Die 28-jarige vrou is by haar shack in Chicago-Oos in die Paarl gearresteer.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê die eenheid het toegeslaan nadat hulle ingelig is oor bende­bedrywighede.

Van Wyk sê: “Sowat 20 shacks is deursoek en 13 patrone van ’n 303-geweer en 11 van ’n 9 mm-pistool is gevind.”

Die polisie het ook op ses parcels dagga afgekom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters