13 dae gelede
Vrou sterf in pad ná tref-en-trap
Kol. Priscilla Naidu  ~ Foto Verskaf

DIE Kabegapark-polisie in die Baai ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n vrou Sondagoggend op die Rocklands-pad dood is.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie is vroeg Sondag uitgeroep na die toneel waar ’n vrou, vermoedelik sowat 30 jaar oud, in die pad gelê het.

Paramedics is na die toneel ontbied, maar sy het op die toneel aan haar wonde beswyk.

Naidu sê in dié stadium is dit onseker wat gebeur het, maar die polisie vermoed sy is getref deur ’n kar wat daarna nie gestop het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters