6 dae gelede
Vrou se panic in parking lot
Awonke Yako  ~ 

’N BEJAARDE misdaadslagoffer het gister in die Baaise hooggeregshof getuig sy het kort voor die diefstal van haar kar die deure gesluit oor sy ’n slegte voor­gevoel gehad het.

Die 78-jarige vrou is op 29 Julie 2016 van haar wit Volkswagen Polo beroof.

Die getuie verkies dat haar naam nie bekend gemaak word nie.

Sy het getuig in die saak teen Lindokuhle Jan­uary (21), Ol­wethu Dlanga (21), Awonke Yako (20) en Lonwabo Maweni (42). Hulle staan tereg op klagte van onder meer moord en poging tot moord.

Dit volg op ’n ge­wapende rooftog en moord in 2016 by die Green­acres-winkel­kompleks.

Die vrou het gister getuig sy was dié dag by Cell C oorkant Greenacres omdat herstelwerk aan haar selfoon gedoen is.

Lonwabo Maweni

Sy het getuig toe sy terugklim in haar motor, het twee mans van agter aangestap gekom.

Volgens haar het een van die mans aan die driver se kant langs die kar kom staan. Die ander man het aan die passasierskant gaan staan. Die getuie het vertel ’n derde man het agter ’n muur gestaan.

Volgens haar het die man aan die driver se kant demand sy moet die deur oopmaak.

“Ek was so bang. Hy het met die vuurwapen teen die kar se ruit geslaan en geskree: ‘Maak oop!’ ”

Volgens die vrou het sy die deur oopgemaak en terug­gehardloop tot in Cell C se winkel.

Sy het getuig die boos­doeners het ’n ent met haar kar ge-­reverse en toe weg­gery.

’n Security guard wat ook verkies om anoniem te bly, het getuig op dié dag het twee vroue by Cell C se shop in Kaapweg ingehardloop en gesê daar was pas ’n robbery by die mall.

Olwethu Dlanga

Hy het gesê toe hy en ’n kollega uitgaan, het hulle mense in verskillende rigtings sien hardloop.

Volgens die guard het hy in die winkel-entrance die panic button gedruk toe hy sien hoe ’n man in die parkeerterrein ’n vuur­wapen op ’n customer rig.

Die guard het gesê hy het die shop se deur vir die vrou oopgemaak sodat sy kon inkom. Daarna het drie mans in haar voertuig geklim en weggejaag.

Volgens die guard het een van die mans in die verbyry sy vuurwapen op hom gerig. Hy het nietemin twee skote op die kar gevuur. Die kar het in die rigting van McDonald’s in Kaapweg gery.

Adv. Zelda Swanepoel kla aan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters