13 dae gelede
Vrou sê lover het toe ’n pols
Unathi Mxazi  ~ 

SY WAS baie hartseer toe sy hoor haar lover – ’n getroude man – is dood, want sy was lief vir hom en het gehoop sy kan ’n stabiele verhouding met hom hê.

So het die moordbeskuldigde Khanyiswa Zinco (27) gister in die Baaise hooggeregshof getuig.

Sy staan saam met Unathi Mxazi (19), Khayalethu Lubisi (26) en Mvuzo Jack (25) – ook ’n lover van haar – tereg op klagte van sameswering om moord te pleeg met verswarende omstandighede, roof met verswarende omstandighede en moord.

Die oorledene was Unathi Bless (39). Hy het op 31 Augustus 2017 vermis geraak.

Zinco het gister getuig sy het Bless einde Julie 2017 in Blouwaterbaai ontmoet. Volgens haar het hy haar ’n lift huis toe aangebied.

Sy sê hulle het nommers uitgeruil en kort voor lank was hulle lovers.

Zinco sê in daardie stadium was sy en Jack ook lovers.

Volgens haar het sy en Bless so drie keer ’n week in lunch-tyd of ná werk opgehook.

Zinco getuig sy het geweet Bless is ’n getroude man. Volgens haar het Bless haar meegedeel daar is probleme in sy huwelik en hy en sy vrou woon nie meer saam nie.

Sy sê Jack het nie geweet van haar en Bless se affair nie totdat hy op ’n dag ’n SMS van Bless op haar selfoon gesien het.

Gedwing

Volgens haar het Jack daarop aangedring dat sy en Bless moet opbreek.

Sy getuig Jack het gesê as die phone calls nie stop nie, moet sy Bless bel sodat hy hom face to face kan sê om haar te los.

Volgens Zinco het Jack haar gedwing om Bless te bel en te reël hulle by sy (Jack se) huis ontmoet.

Zinco sê kort nadat sy Bless gebel en gesê het hulle moet meet, het sy Jack daarvan laat weet.

Volgens haar het sy Bless gesê hulle moet op ’n spot naby Jack se huis meet.

Hulle het toe na Jack se huis afgesit. Volgens haar het Bless voorgestel hulle gaan sit in die kamer.

Sy sê toe Bless uit die toilet by die kamer ingestap kom, was sy broek losgemaak.

Volgens haar het Bless op die bed gaan sit en sy broek tot op sy enkels afgetrek. In daardie stadium het sy reeds haar top uitgetrek.

Zinco getuig op daardie punt het Jack by die kamer ingebars en haar beveel om uit te gaan.

Volgens haar het Bless aanhoudend vir Jack gesê hy is jammer. Sy sê toe sy by die kamer uitstap, het sy Lubisi en ’n onbekende man gesien.

Hulle het Jack tot in die kamer gevolg. Zinco getuig sy kon niks in die kamer sien nie, want die deur was toe.

Volgens Zinco het sy later ingegaan. Jack het langs Bless gestaan.

Sy sê Jack het haar meegedeel toe hy by die kamer inkom, was Bless geskok en het agteroor op die bed geval.

Volgens haar het Jack gesê hy het nie aan Bless geraak nie.

Sy sê dit het gelyk asof Bless gefaint het. Zinco sê Bless het nie gereageer toe Lubisi water oor sy gesig sprinkel nie.

Volgens haar het sy toe CPR op Bless toegepas. Sy sê daar was geen bloeding nie. Volgens haar het Bless nog asemgehaal en ’n pols gehad.

Zinco sê kort nadat sy weer by die kamer uit is, het Jack gesê haar ma het gebel en gesê sy moet huis toe kom. Sy sê die next dag het Jack gesê Bless is alright toe sy hom uitvra.

Volgens Zinco het sy nie deel gehad aan die moord op Bless nie en het sy ook geen bedoeling gehad om hom te vermoor nie, want sy was lief vir hom.

Bors

Luidens die klagstaat het die beskuldigdes Bless se lyk in sy eie motor geplaas en tot by die Ou Uitenhage-pad gery, waar hulle sy lyk gedump het.

’n Nadoodse ondersoek dui die oorsaak van sy dood aan as “undetermined” omdat die lyk reeds in ’n gevorderde sta­dium van ontbinding was.

Luidens die ondersoek kan beserings aan die bors nie uitgesluit word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters