27 dae gelede
Vrou dood wat tydens rooftog uit taxi spring
'n Jong vrou is dood nadat sy ná 'n rooftog uit 'n bewegende taxi gespring het.  ~ Foto ter illustrasie

DIE polisie van Port Elizabeth is opsoek na 'n taxi driver en sy guardjie nadat 'n vroulike passasier - vir wie hulle na bewering beroof het - gesterf het toe sy deur die agtervenster gespring het.

Die voorval het Woensdag op die M4-snelweg gebeur. 

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die 21-jarige oorledene en haar 24-jarige vriend was die enigste passasiers in die taxi toe hulle besef het die driver ry in verkeerde rigting. 

Toe die vroue die driver daaroor uitvra, is hulle van hul handsakke, geld en selfone beroof.

"Die 21-jarige vrou het na die agtersitplek van die taxi beweeg. Daar word verder beweer sy het in haar traumatiese toestand die agtervenster oopgemaak en uit die bewegende taxi gespring," sê Naidu.

Die voorval het boonop 'n ongeluk veroorsaak. Die bestuurder van 'n bakkie, wat die vrou se lyk in die pad sien lê het, het brieke getrap waarna 'n vragmotor agter hom vasgery het.

Volgens Naidu is die vriend naby New Brighton afgelaai.

Enigeen met inligting kan speursers. Gavin Scheepers by 073 930 9272 of Mountweg-polisie by 041 394 6316 bel. - Algoa FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters