22 dae gelede
Vrou (61) se lyk in bos gekry
'n 61-jarige vrou se lyk is in 'n bos gevind.  ~ Foto ter illustrasie. Foto: André Damons

DIE  lyk van 'n 61-jarige vrou is naby 'n bos in Mfana in Elliotdale in die Oos-Kaap deur 'n verbyganger ontdek.

News24 berig die verbyganger het 'n bloedspoor gevolg wat tot die vrou se lyk gelei het. Die vrou het talle steekwonde aan haar bolyf gehad. 

Kol. Sibongile Soci, 'n polisiewoordvoerder, het bevestig die vrou was op 31 Oktober om 20:00 laas lewend in die omgewing gesien.

Die motief vir die moord is nog onbekend en sal deel van Elliotdale-polisie se ondersoek vorm.

Intussen doen die polisie 'n beroep op mense met inligting om die Elliotdale-polisiestasie te bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters