2 maande gelede
Voertuie vol perlemoen op N2 vol gevind
Perlemoen moet n waarde van meer as R600 000 op in twee voertuie gevind op N2.  ~ Foto ter illustrasie: Netwerk24

PERLEMOEN ter waarde van meer as R600 000 is in twee voertuie op die N2 naby Thornhill gevind.

Sers. Majola Nkohli, 'n polisiewoordvoerder, sê 'n inwoner het die polisie in kennis gestel van mense wat Dinsdag besig was om plastieksakke in twee voertuie by die strand in Pellsrus, Jeffreysbaai te laai.

"Die K9-eenheid het 'n voertuig gestuur om die N2 tussen Jeffreysbaai en Thornhill te monitor. Die twee voertuie is later opgemerk en van die pad af getrek."

Nkohli verduidelik dat die insittendes in albei voertuie het na nabygeleë bosse gevlug en 'n soektog het gevolg.

Die drie verdagtes kon egter daarin slaag om te ontsnap en die soektog na hulle duurt voort. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters