10 dae gelede
Visserman oorboord, skoonveld
Die NSRI soek na 'n man van Humansdorp.  ~ FOTO VERSKAF

’N VISSERMAN van Humans­dorp word al twee dae vermis.

Die Nasionale See­reddingsinstituut (NSRI) van St. Francisbaai soek al sedert Woensdag na hom.

Dit is nadat hy na be­wering oorboord geval het in die gebied.

Die NSRI se woordvoerder in St. Francisbaai, Sarah Smith, het nie sy naam verstrek nie.

Smith sê die nasionale hawe-owerheid van Transnet (TNPA) het hul diensspan omstreeks 05:15 geaktiveer.

Agtergekom

Dit is nadat daar aangemeld is dat ’n visserman oorboord geval het van die vaartuig, die Maryke.

Smith sê: “Die bemanningslede het by Aas­vogelspunt agtergekom dat hy vermis is.

“Die Maryke en drie ander vissersbote het na hom begin soek.

“Die reddingsboot, die Spirit of St. Francis II, is ontbied en hulle het in lynpatrone gesoek.”

Ontbied

Die lugmag het net ná 08:00 ook begin help met die soektog.

Lede van die NSRI in St. Francisbaai en bewaarders van nasionale parke het die kuslyn gefynkam.

Smith het gesê: “Ondanks dié omvattende soektog was daar geen teken van die vermiste visserman nie.

“Die polisie ondersoek ook die voorval.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters