8 dae gelede
Virus sluit nóg drie cop shops
GESLUIT: Die Kinkelbos-polisiestasie se hekke is tydelik toegekap.  ~ Google Maps

DRIE Oos-Kaapse polisie­stasies moes noodgedwonge hul deure sluit nadat drie cops positief getoets is vir die corona-virus.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê een cop by die polisiestasie in Bhisho, een by die polisiestasie in Willowvale en een by die polisiestasie in Kinkelbos is positief getoets vir die corona-virus.

Help

Naidoo sê aan Son dat dié polisiestasies Maandag, kort nadat die gevalle bevestig is, hul deure moes sluit.

Hy sê intussen is ’n kliënte-dienssentrum naby die betrokke polisiestasies opgerig om die publiek te help.

Volgens hom word dié sentrums beman deur lede wat nie kontak met die aangetaste lede gehad het nie.

Naidoo sê in dié stadium word die betrokke polisie­stasies ontsmet en volgens hom behoort hulle weer binnekort oopgestel te word.

Intussen sê Naidoo die derde verdieping van die polisie se cluster office in Mountweg moes ontruim word. Lede wat daar werk, word tans ge-screen en getoets terwyl die verdieping ontsmet word.

Volgens hom het hy nog geen verdere inligting in dié verband nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters