2 maande gelede
Vir hom was hulle kokkerotte
Pastor Timothy Omotoso (File, Son)  ~ 

CHERYL Zondi getuig gister dat past. Timothy Omotoso haar en die ander vroue in die huis laat honger ly het.

Volgens haar het hulle net een keer per dag kos gekry.

“As ons gelukkig was, het hy van sy kos vir ons gegooi,” het die jong vrou getuig.

Volgens Zondi moes sy tydens haar verblyf by Omotoso haar gesig wegdraai wanneer ’n aantreklike man op die televisie verskyn het, anders het Omotoso haar ’n vuil kyk gegee.

Die 22-jarige het getuig dat Omotoso haar en die ander vroue in die huis kokkerotte genoem en aan hulle gesê het hulle moet dankbaar wees vir alles wat hy vir hulle doen.

Volgens haar het hy die vroue opdrag gegee om skimpy klere aan te trek en dat hulle meer cleavage moes wys.

Sy het getuig hy sou hulle sommer so in die verbygaan op die agter­stewe raps.

  • Volgens Zondi het Omotoso haar daarvan beskuldig dat sy Gauteng toe is om te gaan man soek.

Dit nadat haar familie in 2012 besluit het om na dié provinsie te verhuis.

“Hy het my blameer vir ’n besluit wat my familie geneem het. Hy het gesê ek is demonies,” vertel sy.

Zondi sê toe Omotoso uitvind sy het ’n crush op ’n seun en dat hulle gesoen het, het hy van sy kop af geraak.

Volgens haar het hy haar ge­bombardeer met phone calls en haar lelik bestraf.

Zondi sê in 2013 het haar ma haar uit die kerk gehaal. Sy sê in dieselfde jaar het sy opgehou om met Omotoso te kommunikeer.

Volgens haar het sy in 2014 in matriek depressie ontwikkel en probeer selfmoord pleeg.

Sy sê in Augustus 2015 het sy – nadat sy weer na Omotoso teruggekeer het – uit sy huis ontsnap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters