25 dae gelede
Vies, ja, maar nie dodelik ...
Déne StebuysFoto: theo jeptha  ~ 

DIE bloed het gevloei toe hy sy vrou met haar skelmpie betrap het.

So het die vermeende killer­ Déne Stebuys (42) van Humansdorp gister in die Baaise hooggeregshof getuig.

Stebuys het sy vrou, Marilyn­ (36), na bewering op 5 Junie 2016 doodgemartel oor sy ’n affair gehad het.

Stebuys sê hy het sy vrou die dag van die voorval by haar pa gaan soek, dít ten spyte daarvan dat hy vermoed het sy is by haar skelmpie.

Toe Marilyn se pa en broer sê sy is nie by hulle nie, het hy haar gebel.

Stebuys sê hy wou toe by Marilyn weet hoekom sy vir hom gelieg het deur te sê sy is by haar pa se huis.

Daarop het sy glo gesê: “Ek is by my jong.” Dít het hom baie upset, het Stebuys getuig.

Hy sê hy is toe na Arcadia, waar hy Marilyn se skelmpie vergeefs by sy ouma, ma en girlfriend – by wie hy twee kids het – gaan soek het.

Stebuys het getuig: “Ek was kwaad, maar nou nie so kwaad dat ek wou fight of moord pleeg nie.”

Stebuys sê dis op pad terug huis toe dat hy Marilyn en haar skelmpie naby die sportkompleks raakgeloop het, en dit het hom woedend gemaak.

Hy het getuig hy het ’n klip opgetel omdat hy gedink het die skelmpie het dalk ’n mes of ’n gun.

Hy sê: “Ek wou net kyk wat sy reaksie is; ek wou hom nie met die klip gooi nie.”

Hy beweer die skelmpie het ook ’n klip opgetel, maar dit weggegooi toe hy sien Stebuys gooi syne weg.

Stebuys het getuig hy en die skelmpie het mekaar voor die bors gryp en begin stoei.

Hy beweer die skelmpie het hom toe bloedbek geslaan.

En toe Marilyn tussen­beide tree, het een van hulle haar in die proses per ongeluk ’n bloedneus gegee.

Gestap

Hy het getuig: “Ek het toe na Marilyn gegaan, haar teen my vasgedruk en vir haar gesê hoe lief ek vir haar is.” Stebuys sê Marilyn het toe saam met hom huis toe gestap.

Hy sê sy het op pad huis toe vir hom gesê sy wil nie met hom praat nie.

Toe hy en Marilyn by die huis aankom, het sy haarself skoongemaak, ’n jacket aangetrek­ en net weer die pad gevat, het Stebuys getuig.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters