7 dae gelede
Vier vas vir roof
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Vier ouens moet hof loop vir die roof van 'n poskantoor.  ~ Foto ter Illustrasie

TWEE poskantoorwerkers is onder vier mense wat in hegtenis geneem is in verband met ’n onlangse sakeroof by die Nqamakwe-poskantoor.

Brig. Tembinkosi Kinana, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê twee mans het die poskantoor binnegestap.

Hulle het geld geëis en het toe ’n onvermelde bedrag gevat.

Daarna het hulle die teller en skoonmaker in ’n kantoor toegesluit.

Opgespoor

Die vier verdagtes – met ouderdomme van 31 tot 51 jaar – is Sondag in hegtenis geneem.

Die eienaar van die beweerde wegkomkar en sy seun is onder die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is.

Van die geld is by sy huis opgespoor.

Volgens Kinana sal die verdagtes eersdaags in Butterworth se landdroshof verskyn op klagte wat verband hou met ’n sakeroof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters