6 maande gelede
Vier vas ná dump-rooftogte
Kol. Priscilla Naidu.  ~ Son

VIER verdagtes is aangekeer ná rooftogte by die Arlington-stortingsterrein.

Beamptes van die polisiestasie in Walmer het dié deurbraak gemaak.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê laas Donderdag is drie verdagtes by die informele nedersetting Walmer vasgetrek nadat ’n 35-jarige man op 3 Januarie beroof is.

Naidu sê die klaer was 11:45 by die stortingsterrein om rommel af te laai.

’n Onbekende man het hom genader en gedreig om hom met iets te steek. Nog drie booswigte het bygekom.

Die klaer is op die grond neergegooi. Die diewe het toe sy selfoon en beursie gevat.

Terwyl die klaer besig was om homself te verdedig, het hy ’n ligte snywond aan sy hand opgedoen.

Verskyn

Bernard Nkampeni (19), Thulani Yawa (26) en Lwandile Ngqobotyi (26) word positief met die rooftogte verbind.

Die drietal het reeds Maandag in die Baaise landdroshof verskyn.

’n Vierde verdagte is Maandagaand in Walmer in hegtenis geneem.

Masixole Njajula (19) het gister in die landdroshof voorgekom.

Hy verskyn vandag weer in die hof op ’n roofklag.

Naidu voeg by Ngqobotyi is reeds verbind met twee ander sake wat in Desember aangemeld is.

Die polisie doen ’n beroep op enige iemand wat dalk by die Arlington-stortingsterrein aangeval of beroof is om hulle te kontak.

Kontak

Hulle wil vasstel of dié verdagtes ook met daardie voorvalle verbind kan word.

Kontak kapt. Charmaine Badenhorst by 041 509 4022 of 083 671 6715.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters