21 dae gelede
Vier dood toe kar na ongeluk aan die brand slaan
brand,ongeluk
Volgens voorlopige inligting blyk dit die vier insittendes van die kar was vasgekeer en kon nie uit nie. FOTO: Algoa FM  ~ 

VIER mans het onherkenbaar verbrand toe hul motor Donderdag na 'n botsing op die N2 tussen Butterworth en Oos-Londen aan die brand geslaan het.

Volgens Unathi Binqose, 'n woordvoerder vir die Oos-Kaapse departement, het 'n Toyota Etios met vier insittendes met 'n Isuzu-bakkie, met vyf insittendes, gebors.

Binqose voeg by dat beide voertuie aan die brand geslaan het.

AlgoaFM berig dat dit voorlopig blyk dat die vier mans in die kar vasgekeer was en nie kon uitklim nie.

"Reddingwerkers kon die vyf mans uit die brandende bakkie help. Die mans het almal ernstige beserings opgedoen en is na 'n hospitaal geneem vir behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters