Verlede maand
Vier dood in ongeluk in Gqeberha
Accident
Vier mense het in die ongeluk omgekom.  ~ Foto ter illustrasie

VIER mense is Sondagoggend dood in ’n ongeluk op die N2 in Gqeberha.

Die ongeluk het tussen Seaview en die Baywest-afdraai plaasgevind. Twee motors het reg van voor gebots.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê Kabegapark-polisie is kort ná middernag na die ongelukstoneel ontbied. 

"Die bestuurder van ’n Ford Fiesta en die bestuurder van ’n VW Polo asook haar twee passasiers is op die toneel dood verklaar."

’n Derde passasier is na die hospitaal geneem.

Janse van Rensburg sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. 'n Klag van strafbare manslag word ondersoek. – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters