Verlede maand
Vier dood in N2-ongeluk
n2
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en 'n saak van strafbare manslag word ondersoek  ~ 

VIER mense is dood in 'n ongeluk op die N2 in Gqeberha.

Die ongelukg het Sondag kort na middernag tussen Seaview en die Baywest-afrit plaasgevind, toe twee voertuie in 'n kop-aan-kop-botsing betrokke was.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, 'n polisiewoordvoerder, sê die 28-jarige bestuurder van 'n Ford Fiesta, 19-jarige bestuurderes van 'n VW Polo en haar twee passasiers, 'n 23-jarige en 14-jarige is op die toneel dood.

'n Derde passassier van die VW Polo is na die hospitaal gehaas.

Volgens Janse van Rensburg is die oorsaak van die ongeluk nog onbekend en ondersoek die polisie 'n saak van strafbare manslag. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters