2 maande gelede
Vier afgemaai in NMB
Oorlede
Vier mense is dood in ’n bloedbad in Clydestraat, Sentraal, Nelson Mandelabaai .  ~ 

’N SOEKTOG is in Nelson Mandelabaai van stapel gestuur ná die moord op vier mense in ’n verlate gebou in Clydestraat in Sentraal. 

Vyf ander slagoffers is ernstig gewond in Woensdagaand se voorval en is na die hospitaal gehaas vir mediese behandeling. 

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê nasionale kommissaris, gen. Khehla Sitole, het beveel dat die 72-uur-aktiveringsplan onmiddellik gemobiliseer word om die moordenaars vas te trek. 

Volgens Naidoo het twee mans ’n groep mense in die gebou, wat vermoedelik almal rondlopers is, genader en gevra waar ’n onbekende persoon is. 

Die persoon na wie hulle gesoek het, was nie daar nie, maar hulle het dadelik op die groep losgebrand.

’n Vrou en drie mans het veelvuldige skietwonde opgedoen en is op die toneel dood.

Vyf ander slagoffers, ’n vrou en vier mans, is ernstig gewond. 

Naidoo sê die slagoffers se identiteite moet nog vasgestel word en ’n ondersoek is reeds aan die gang.

Geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie.

Die nasionale kommissaris het die moorde veroordeel as lafhartigheid en ’n blatante verontagsaming van menselewe, sowel as die wet en het die span ondersoekers aangemoedig om die oortreders so vinnig moontlik op te spoor. – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters