2 maande gelede
Vicki se vervreemde man vas
vicki terblanche
Vicki Terblanche  ~ verskaf

DIE vervreemde man van die vermoorde Vicki Terblanche is in hegtenis geneem.

Arnold Terblanche (53) sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op 'n klag van moord. Hy is Woensdagaand by sy huis in Millpark in hegtenis geneem.

Kol. Priscilla Naidu, 'n polisiewoordvoerder, sê sy medebeskuldigdes, Reinhardt Leach (32) en Dylan Cullis (24), sal na verwagting Donderdag in die landdroshof om borgtog aansoek doen.

Leach en Cullis is in hegtenis geneem twee dae nadat Leach vir Vicki as vermis aangemeld het. Hy is sedertdien in aanhouding.

Adv. Marius Stander is intussen as aanklaer aangestel. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters