Verlede maand
Verpleegsters geskors wat weier om Covid-pasiënte te help
38 verpleegsters is in die Oos-Kaap geskors omdat hulle geweier het om Covid-19-pasiënte te versorg.  ~ Getty Images

DIE Oos-Kaapse gesondheidsdepartement het 38 verpleegsters geskors wat geweier het om Covid-19-pasiënte te versorg.

Die departement sê daar sal beslissend opgetree word teen die verpleegsters van Empilweni TB-hospitaal in Port Elizabeth. Intussen het verpleegsters van die Orsmond TB-hospitaal ook begin staak nadat dié fasiliteit omskep is om Covid-19-pasiënte te behandel.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement, verduidelik: “Ons standpunt is baie duidelik dat ons nie werknemers op ons payroll kan het wat weier om hul werk te doen nie.

“Terselfdertyd is ons besig met hul onderskeie vakbonde om kwessies te bespreek wat verband hou met die probleme wat deur die departement en vakbonde geopper word.”

Die departement doen ’n beroep op almal dat hulle gedurende hierdie tyd van die pandemie hulself moet beskikbaar stel sodat die lewens van diegene wat in hul fasiliteite beland, gered kan word. - SABC


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters