15 dae gelede
Vermoorde meisie se familie gesoek
Die cops in die Baai soek na die familie van 'n vermoorde tiener.  ~ Foto ter illustrasie

SPEURDERS van Gelvandale in Port Elizabeth soek dringend die gemeenskap se hulp om die naasbestaandes op te spoor van ’n tienermeisie wie se lyk Donderdagoggend gevind is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die meisie, van ongeveer 16 jaar oud, se lyk is in die bosse tussen Gelvandale en Algoapark gevind. Sy het ’n swart broek en ’n pers top aangehad. Haar hare was gevleg.

Naidu sê sy het verskeie steekwonde gehad.

Die polisie ondersoek 'n klag van moord, maar Naidu sê 'n bykomende klag van verkragting kan bygevoeg word.

Enigeen met inligting kan sers. Mario Malgas by 082 442 1816 of Gelvandale-polisie by 041 402 2050 bel. Die misdaadlyn kan ook by 08600 10111 bereik word. - AlgoaFm



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters