24 dae gelede
Vermoor ná aantygings op sosiale media
'n Jong man van Mdantsane is deur gemeenskapslede vermoor.  ~ Foto ter illustrasie

DIE polisie in die Oos-Kaap het 'n voorval veroordeel waarin gemeenskapslede na bewering reg in eie hande geneem het.

'n Man van Mdantsane, wat in sy twintigs was, is na bewering deur gemeenskapslede aangerand en vermoor. Dit kom nadat daar op sosiale media beweer is dat hy 'n sesjarige meisie verkrag en vermoor het.

Genl. Maj. Thembisile Patekile, waarnemende polisiekommissaris, het gemeenskapslede aangemoedig om nie wet in eie hande te neem nie.

Hy sê daar word kennis geneem van die publiek se belangstelling in die sesjarige se moordsaak en die behoefte vir 'n spoedige arrestasie. Daarom is 'n taakspan saamgestel wat hul "onverdeelde aandag" aan die saak kan gee, sê Patekile.

Patekile het verder die gemeenskap gevra om nie als te glo wat hulle op sosiale media lees nie.

Kapt. Khaya Tonjeni, 'n polisiewoordvoerder, sê geen arrestasies is nog gemaak in verband met die man se moord nie. - News24




Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters