13 dae gelede
Vermiste 104-jarige met familie herenig
104-jarige man
104-jarige Nqisa Nqokola is op Saterdag gevind, sowat 24 uur nadat hy vermis aangemeld is.  ~ Verskaf

'N 104-JARIGE man van Oos-Londen is 24 uur ná hy vermis geraak het, opgespoor.

Nqisa Nqokola is Saterdag deur Oos-Londen se honde-eenheid  opgespoor nadat hy Vrydag weggeraak het.

Hy is in digte bosse 1km van sy huis in Emabaleni Village gevind.

Fred Dicks van die honde-eenheid sê dit was 'n gesamentlike poging.

Dicks vertel dat hulle Saterdagogend die oproep ontvang en na die gebied gehaas het.

"Kinders wat naby die bos gespeel het, het vertel dat hulle 'n man daar sien inloop het. Ons het die bos van alle rigtings af binnegegaan. Ons het die man na 'n paar minute gevind," het Dicks aan News24 gesê.

Hy sê Nqokola was moeg en dors toe hulle hom vind.

"Hy het in Xhosa gepraat, maar ek kon nie regtig verstaan wat hy sê nie. Hy het verward rondgekyk," sê Dicks.

Nqokola is veilig aan sy familie oorhandig. - News24.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters