2 maande gelede
Vermeende suitcase-moordenaar in hof
Alutha Pasile word van die moord op die Fort Hare-regstudent, Nosicelo Mtebeni, aangekla.  ~ 

'N MAN wat van die wrede moord op sy meisie in Oos-Londen beskuldig word het Donderdag sy eerste verskyning in die hof gemaak.

Alutha Pasile word van die moord op die Fort Hare-regstudent, Nosicelo Mtebeni, aangekla.

Hy word ook van regsverydeling aangekla.

Die 25-jarige het na bewering die 23-jarige in Augustus vermoor, voordat hy haar liggaam opgesny het.

Die slagoffer se bolyf is opgestop in 'n tas in Quigney op die hoek van Fleetstraat en Fitzpatrickweg gevind.

Pasile is by sy huis daar naby gearresteer, waar swartsakke met nog liggaamsdele insluitende Mtebeni se kop en hande gevind.

Die beskuldigde het nie net sy aansoek om borg laat vaar nie, maar het ook regsverteenwoordiging van die hand gewys. – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters