Verlede maand
Vermeende sekspes pleit onskuldig
In hof
Nicolaas van der Merwe het onskuldig gepleit op al 13 aanklagte teen hom.  ~ Verskaf

DIE vermeende WhatsApp-sekspes van Gqeberha het Vrydagoggend onskuld in die hof gepleit.

Die 36-jarige, Nicolaas van der Merwe, word daarvan aangekla dat hy vroulike eiendomsagente regoor die land op WhatsApp seksueel geteister het.Hy het onskuldig gepleit op al 13 aanklagtes teen hom.

Hy staan tereg op aanklagte dat hy volwassenes blootgestel het aan skandelike seksuele dade, onsedelike blootstelling en crimen injuria.

Van der Merwe het vroue al vanaf 2016 geteister en is laas week gearresteer ná ‘n ondersoek van drie maande. Die polisiewoordvoerder, kol. Priscilla Naidu, sê die polisie het die saak opgevat nadat die Gauteng Provincial Serial and Electronic Crime Investigation Unit (SECI) deur ’n privaatspeurder en ’n verslaggewer hulp gevra het om ’n verdagte op te spoor.

Naidu sê die eenheid het onderhoude met 25 slagoffers gevoer en dat hy dieselfde modus operandi met almal gebruik het. Al 13 slagoffers van Property24 het vorendag gekom en klagte teen hom gelê, waar hy teregstaan op aanklagte dat hy volwassenes blootgestel het aan skandelike seksuele dade, onsedelike blootstelling en crimen injuria.

Daar word beweer dat die verdagte ewekansig die name van eiendomsagente van regoor die land sou Google, en sodra hy hul nommers gehad het, sou hy hulle bel en “vuil” met hulle praat voordat hy seksuele dade gepleeg het terwyl hy nog op die video-oproep was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters