Verlede maand
Vermeende kaper skiet homself
Oorlede
'n Vermeende motorkaper het homself doodgeskiet voordsat die polisie hom kon arresteer.  ~ Verskaf

’N VERMEENDE motorkaper het homself doodgeskiet, voordat ’n tweede vermeende kaper gearresteer is naby eMaxesibeni, voorheen bekend as Mount Ayliff, in die Oos-Kaap.

Kol. Pricilla Naidu, ‘n polisiewoordvoerder, sê die  Highway Patrol Unit het Saterdagoggend inligting ontvang dat ’n motor in Msobomvu gekaap is.

Sy voeg by die voertuig was op pad na eMaxesibeni toe twee mans, een met ’n vuurwapen, die voertuig voorgekeer is. Die twee verdagtes het te voet gelug en die een met die vuurwapen het op die polisie begin skiet terwyl hulle gehardloop het.

Die polisie hom nader en op hom toeslaan het hy die vuurwapen op homself gerig en in die kop geskiet.

Hy is op die toneel dood.

Die vuurwapen, ’n 9mm, met afgevylde reeksnommers is langs hom gekry.

Naidu voeg by die tweede verdagte (33) is gekry waar hy naby ’n toilet weggekruip het. Hy is gearresteer en staan tereg op aanklagte van die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig en sal binnekort in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters