10 dae gelede
Verkragter is glo haar eie swaer
Choekie toe vir rape en ontvoering
'n Man wat ontvoer en verkrag sal binnekort hoor hoe lank hy agter slot en grendels sal wees  ~ 

’N OOS-KAAPSE man is gearresteer vir die verkragting van ’n 53-jarige familielid.

Die vrou is in Augustus in ’n dorpie naby Centane verkrag, sê kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder.

Die vrou se 44-jarige vermeende rapist is die jongste broer van haar oorlede man.

Manatha sê sy het eers ’n ruk ná die verkragting ’n saak by die Centane-polisiestasie geopen. Die man is Saterdag gearresteer.

Hy sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters