16 dae gelede
Verhoorafwagtende (28) ontsnap
Die polisie is opsoek na 'n ou wat uit aanhouding ontsnap het.  ~ Foto ter Illustrasie

’N DRINGENDE manhunt is aan die gang nadat ’n vermeende verkragter uit polisie-aanhouding ontsnap het.

Kapt. Khaya Tonjeni, ’n polisiewoordvoerder, sê die verhoorafwagtende wat Saterdag in Willowvale ontsnap het, is geïdentifiseer as die 28-jarige Ntando Zenzile.

Zenzile en nog ’n verhoorafwagtende inmate, Sinalo Ndabeni, het ontsnap toe die polisie vir hulle kos geneem het.

Ndabeni, wat in aanhouding is op ’n aanrandingsklag, is egter kort ná sy ontsnapping weer in Willowvale aangekeer.

Volgens Tonjeni is ’n taakspan saamgestel om Zenzile vas te trek. ’n Interne ondersoek word ook nou gedoen om vas te stel presies hoe die twee mans, wat al twee in handcuffs was ten tyde van hulle ontsnapping, daarin geslaag het om weg te kom.

Enige een met inligting word versoek om hulle naaste polisiestasie te kontak.

Inligting kan ook vertroulik deurgegee word op die polisie se Crime Stop-nommer, 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters