Verlede jaar
Verhoor oor 2 lab rapes nou op rol
GOU: Die verhoor van Kwanele Kilana, ’n vermeende verkragter, begin op 27 Augustus in die Baaise hooggeregshof.Foto: theo jeptha  ~ 

DIE verhoor van Kwanele Jack Kilana (28) van Zwide sal op 27 Augustus in die hooggeregshof in die Baai begin.

Hy word daarvan aangekla dat hy twee studente van die Nelson Mandela-Universiteit in ’n rekenaar­laboratorium op die kampus verkrag het.

Adv. Jason Thysse, die staatsaanklaer, het gesê Kilana se lawyer, adv. Khaya Saziwa, het hom ingelig sekere bekentenisse sal ingevolge art. 220 van die Strafproseswet gedoen word.

Die beweerde voorvalle het op 2 Oktober 2017 plaasgevind.

Die saak sal van 27 Augustus tot 7 September op die hofrol wees.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters