Verlede maand
Verdagtes vas ná 2 moorde
Photo by Bill Oxford on Unsplash
 ~ 

TWEE vermeende moordenaars is in Jamestown in die Oos-Kaap gearresteer.

In die eerste geval is die vermeende killer van die 43-jarige Nomhle Boklani van Masakhane gearresteer.

Boklani is op 15 September in haar huis aangeval. Sy is verskeie kere in die gesig en bolyf gesteek.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, sê direk ná die moord het ’n span speurders, onder leiding van AO Bastian Booysen, met hulle ondersoek begin.

“In die loop van die ondersoek is nog ’n onverwante moord Vrydagoggend 05:30 aangemeld.

“In dié voorval het die slagoffer ’n geskree buite haar huis gehoor en gaan ondersoek instel. Sy het toe ’n couple gekry wat besig was om te baklei. Sy het toe probeer om die fight te stop.

“Die meisie het weggehardloop, waarna die boy­friend die vrou verskeie kere in haar gesig en bolyf gesteek het.

“Daarna het hy ook van die toneel gevlug.”

Die vrou se lyk is die volgende dag gevind. Sy is uitgeken as No­kuzamile Jokiwe (56).

“Die twee voorvalle het as ’n groot skok gekom vir die gemeenskap van Jamestown.

Familie

“Hulle het gemobiliseer om hulle ontevredenheid teenoor die stasiebevelvoerder, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die burgemeester en die raadslede uit te spreek.

“Ná ’n naweek van intensiewe ondersoekwerk is vyf verdagtes gearresteer.”

Vier van die verdagtes – twee vroue van 23 en 33 jaar oud en twee mans van 20 en 43 jaar oud – is gearresteer vir die moord op Boklani.

Hulle is almal familie van Boklani.

In die ander voorval is ’n 43-jarige verdagte gearresteer vir die moord op Jokiwe.

Al die verdagtes verskyn dié week in die plaaslike hof.

“Daar is ook ’n imbizo gehou­ waarop die stasiebevelvoerder, kapt. Swartbooi, burgemeester, Bulelwa Khweyiya, en haar raadslede terugvoer aan die GPF gegee het,” vervolg Roelofse.

“Ná die twee moorde is die gemeenskap se concerns op die imbizo bespreek.

Familie

“Dit sluit in swak straat­beligting, swak polisie-ondersoeke en mense wat van buite die dorp kom on die wet te kom oortree.”

Kol. Mpho Rabela, die waarnemende bevelvoerder van die plaaslike polisiegroep, was vol lof vir die beamptes se commitment, opofferings en professionele ondersoekwerk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters