13 dae gelede
Veranderinge ‘aan die kom’
Mongameli BobaniFOTO VERSKAF  ~ 

DIE Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het ’n indaba oor vervaardiging gehou.

Dié jaarlikse konferensie wat oor twee dae strek, beoog om Suid-Afrikaners te help om hulle markte te maksimaliseer vir die plaaslike vervaardiging-gemeenskap.

Verskeie vervaardigingsindustrieë, besigheidseienaars, beleggers, experts en hoë staatsamptenare het dié konferensie bygewoon.

Hierdie indaba fokus ook op die bevordering van die bekwaamheid van besighede deur aanbevelings te maak, netwerke te vorm en inligting en dienste te deel.

Die burgemeester Mongameli Bobani, het in sy toespraak op die indaba genoem dat die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit die vervaardigingsbasis – wat multi-nasionale en plaaslike firmas insluit – van die Oos-Kaapse ekonomie is.

Sukses

“Vervaardiging ondersteun hoë vlakke van werkskepping en dra grootliks by tot ekonomiese ontwikkeling – plaaslik en nasionaal.

“Vervaardiging-besighede in Suid-Afrika dra by tot die bruto binnelandse produk en neem duisende in diens, direk en indirek. Daarom is die prestasie van die vervaardigingsektor die sleutel tot ekonomiese herrysenis en sukses,” sê Bobani.

Hulle is bewus van veranderinge in die sektor, en glo dat dit ’n uitdaging maar ook terselfdertyd ’n geleentheid kan wees.

Dit kom in die lig van die merkwaardige werksverliese in die vervaardigingsektor.

Bobani het gesê hulle kollektiewe leierskap en administrasie, saam met al die maatskaplike vennote, bly daaraan toegewy om bestaande vervaardigingsbasisse se groei te ondersteun.

Die fokus sal, volgens hom, op beleggings in die metro val.

Bobani sê voorts die wêreld verander vinnig en dat besighede geaffekteer sal word deur die Vierde Industriële Revolusie en die internet.

“Dit is belangrik om jou besigheid se kapasiteit te innoveer en te reageer op die veranderinge wat jou sukses sal bepaal. Ons moet voortgaan om ’n positiewe mindset te hê, om ’n entrepreneurskultuur te skep en om tegnologie-gedrewe maatskappye wat in ons stad wil belê, te lok.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters