Verlede maand
Vark se winkelroof gefnuik
Kol. Priscilla Naidu  ~ 

’N DAPPER winkeleienaar en sy assistent het ’n verdagte wat hulle met ’n vuurwapen gedreig en geld geëis het, gevang.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die 30-jarige winkeleienaar was Vrydag agter die toonbank van sy winkel in die Walmer-lokasie toe ’n onbekende man ingeloop en goed van die winkelrakke begin vat het.

Die skurk het toe ’n vuurwapen uitgeruk en die winkel­eienaar beveel om die hek na agter die shop counter oop te maak.

Die angstige winkeleienaar het sy assistent, wat agter in die winkel was, se hulp geroep.

Die vuil vark het toe geld geëis. Toe die winkeleienaar weier om vir hom enige geld te gee, het hy die assistent met die vuurwapen teen sy kop geslaan.

Kort daarna het die winkeleienaar en sy assistent die verdagte oorrompel en hom op die grond vasgehou.

Die assistent het toe hulp gaan soek en die 20-jarige skobbejak is gearresteer op ’n klag van poging tot sakeroof.

Die vent verskyn vandag in die Baaise landdroshof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters