Verlede maand
Valke ondersoek konstruksie van sportveld
Ondersoek
Die Valke in die Oos-Kaap het ’n ondersoek geloods na die konstruksie rakende die Lesseyton-sportveld in Komani.  ~ Verskaf

DIE Valke in die Oos-Kaap het ’n ondersoek geloods na die konstruksie rakende die sportveld wat R22 miljoen kos.

Die Lesseyton-sportveld in Komani val onder die Enoch Mgijima-munisipaliteit.

Brig. Nomthandazo Mbambo, ‘n woordvoerder vir die Valke, sê ’n klag is gelê teen die munisipaliteit na ’n tender van R22 miljoen uitgemaak is.

Volgens Mbambo gaan die Valke die saak aan die direkteur van openbare vervolgings oorhandig sodra hulle al die nodige dokumente en verklarings ingesamel het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters