11 dae gelede
Valke keer cop aan oor ‘fake’ reiskoste
 ~ 

’N POLISIESERSANT van Port St. Johns is Donderdag op 14 klagte van bedrog gearresteer.

Sers. Melumzi Mnakaniso (40) het Vrydag in die plaas­like landdroshof verskyn.

Die Valke het Mnakaniso, wat aan die Qumbu-polisie­kantoor verbonde is, aangekeer oor klagte wat verband hou met bedrog van R42 000.

Die klagte het te doen met beweerde fake reiskoste wat hy geëis het.

Subpoenas

Dié was blykbaar vir trips wat tussen 2012 en 2014 na Port Elizabeth gemaak is toe hy nog by die Lusikisiki-polisiekantoor was.

Kapt. Anelisa Feni van die Valke sê hy het vervalste subpoenas ingehandig wat wys dat hy hofsake moes bywoon.

Die sake was egter óf afgehandel óf teruggetrek.

Mnakaniso is op borgtog van R15 000 vrygelaat. Hy moet op 12 November weer in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters