8 dae gelede
Uitlander oorleef hit op straat
Kol. Priscilla NaiduFOTO VERSKAF  ~ 

’N BUITELANDER in Noordeinde in die Baai is verskeie kere geskiet, maar het oorleef.

’n Saak van poging tot moord word nou ondersoek.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer (44) is buite die gebou geskiet waar hy woon.

Motief

“Volgens die polisie se inligting het die slagoffer omstreeks 11:45 op die hoek van Elizabethstraat en Govan Mbeki-laan, Noordeinde, met iemand gestaan en praat.

“ ’n Onbekende man het hom genader en talle skote op hom afgevuur. Die man het toe in ’n wit Nissan-bakkie sonder ’n kap geklim wat verder in die pad af gestaan het, en weggery,” aldus Naidu.

Die slagoffer is met ’n kar hospitaal toe geneem.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters