9 maande gelede
Tyd in footage pla, hoor hof
Olwethu DlangaFoto’s: deon ferreira  ~ 

EEN van die staatsgetuies wie se motorruit gesmash is tydens ’n gewapende rooftog by Fischer­’s Jewellery in 2016 by die Greenacres-winkelkompleks, is sowat vier maande ná die voorval oorlede.

So getuig AO Shane Kuhn, ondersoekbeampte in die saak, gister in die Baaise hooggeregshof.

Lindokuhle January (21), Olwethu Dlanga (21), Awonke Yako (20) en Lonwabo Maweni (42) staan tereg op klagte van onder meer moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Volgens Kuhn het hy ná die voorval ’n tweede affidavit by Frederick George – eienaar van die voertuig – afgeneem om sekere aspekte wat nie in sy aanvanklike verklaring gereflekteer word nie, te verduidelik en te bevestig.

Kuhn sê George het hom meegedeel hy het sy motor ná die voorval na ’n repair shop geneem omdat die kar ’n punctured­ band gehad het.

Volgens Kuhn het George aan hom gesê toe die werkers die band van die rim afhaal, was daar ’n koeël in die band.

Awonke Yako

’n Foto is toe van die bullet geneem.

Kuhn sê George het die koeël gehou en dit later vir hom gegee.

Volgens Kuhn is die koeël later weggestuur vir ballistiese toetse.

Hy sê die foto van die bullet vorm deel uit van George se verklaring.

Kuhn sê hy was later ’n paar keer weer by George se woonadres, maar hy was nie tuis nie.

Volgens hom het bure hom ingelig dat sowat George sowat vier maande ná die voorval oorlede is.

Kuhn sê George se seun – wat by dieselfde adres woon – het sy pa se dood bevestig.

January se lawyer, Zolile Ngqeza, het gisteroggend gevra die footage moet weer gespeel word – die oomblik vandat January by die mall instap tot waar hy by die winkelkompleks uitstap.

Lindokuhle January

Hy het toe die sequence van die tyd soos dit verskyn in footage, bevraagteken.

Kuhn sê toe vir hom January is deur drie verskillende kringtelevisie-kameras opgeneem – ’n kamera in Fischer’s, ’n kamera in Woolworths en ’n kamera in die mall self.

Ngqeza vra toe vir Kuhn of hy bewus is van die feit dat daar sagteware beskikbaar is vir editing doeleindes.

Hierop het Kuhn geantwoord daar is waarskynlik.

Met betrekking tot January­ se Mint-foon waarop die cops ná die gewapende rooftog beslag gelê het, het Ngqeza Kuhn gelei om te getuig daar is geen inligting op January se selfoon wat aandui die foon behoort aan hom nie.

Hierop sê Kuhn aan Ngqeza daar is egter mense wat gaan kom getuig dat die betrokke selfoon gelink is aan January.

Adv. Zelda Swanepoel kla aan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters