4 maande gelede
Twee voor vir rape van kids
MELVIN TAMBOER Foto’s: THEO JEPTHA  ~ 

TWEE jong mans van die Kouga-streek in die Oos-Kaap loop hof vir die beweerde verkragting van twee minder­jarige meisies.

Melvin Tamboer (21) van Gill Marcus in Humansdorp het gister vlugtig in die Baaise hooggeregshof verskyn.

Hy staan tereg op ’n aanklag van rape.

Intussen is die rape-verhoor van Ridwaan Wind­vogel (23) van Pellsrus in Jeffreysbaai gister in die Baaise hooggeregshof voortgesit.

Windvogel word daarvan verdink dat hy op 1 Januarie 2018 ’n negejarige meisie verkrag het.

Hy het dié week onskuldig gepleit op twee aanklagte van rape en ’n aanklag van roof.

Gister het die meisie deur middel van ’n tussenganger in camera getuig.

Klagstaat

Windvogel is in aanhouding.

Luidens die klagstaat in die saak van die staat teen Tamboer het die 13-jarige klaagster op Saterdag 22 Julie 2017 in die vroeë oggendure saam met haar vriende naby Joyce’s Tavern gestaan.

RIDWAAN WINDVOGEL

Die klaagster se ma en Tamboer het toe verby die tavern gestap. Hulle albei het alkohol gedra.

Tamboer het toe aan die klaagster gesê haar ma vra dat sy moet help dra aan die alkohol. Die klaagster het geweier.

Later het Tamboer teruggekeer na die klaagster en haar meegedeel haar ma roep haar.

Hy het toe aan haar getrek om te gaan.

Terwyl hulle besig was om te stap, het Tamboer haar by ’n yard ingetrek, haar op die grond neergegooi en haar mond toegedruk.

Hy het gesê hy like haar.

Tamboer het ’n mes by hom gehad.

Hy het sy klere en die klere van die klaagster uitgetrek en haar verkrag.

Terwyl hy besig was om die meisie te verkrag, het ’n man daar opgedaag en hom weggejaag.

In die rape-voorval het die klaagster ’n snywond aan haar hand opgedoen.

Ná die voorval het die klaagster na ’n vriendin se huis gegaan en haar vertel wat gebeur het.

Die klaagster het gehuil en haar hand het gebloei.

Die meisie is ook na haar ma se huis om die rape aan te meld.

Die klaagster het weggestap toe haar ma haar nie by die huis ingelaat het nie.

’n Mediese ondersoek het aan die lig gebring die klaagster het ’n snywond aan haar hand opgedoen.

Sy het ook vars beserings gehad in die omgewing van haar privaat dele.

Die saak is uitgestel tot 16 April vir Tamboer om ’n regshulp-prokureur aan te stel. Die verhoor is op die hofrol geplaas vir 20 Mei tot 24 Mei vanjaar.

Tamboer is in dié stadium uit op borgtog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters