6 dae gelede
Twee voor ná moord op ou man
 ~ 

BORGTOG is geweier aan twee mans wat van die moord op Petrus Scholtz, ’n Baaise elektrisiën, aangekla word.

Landdros Thuli Betela van die Baaise landdroshof het gesê Wayne Russouw (31) en Ronald Swartz (24) is ’n vlug­risiko aangesien nie een van die twee ’n vaste huisadres het nie.

Betela het verder gesê Russouw, wat voorheen gedreig het om Swartz te vermoor, kan met die ondersoek inmeng as hy op bail vrygelaat word.

Die saak is uitgestel tot 25 Oktober wanneer Russouw en Swartz saam met Russouw se ma, Christine (55), en sy suster Chantell (35) sal verskyn.

Vrieskas

Scholtz (70) is in Julie ernstig aangerand en sy lyk is in bosse langs ’n grondpad in Fairview gekry. Sy hande en voete was vasgebind en kleefplastiek was om sy kop.

Daar word beweer Scholtz is op 17 Julie vermoor en die Russouws het sy liggaam in ’n vrieskas by hulle huis in Kabegapark gebêre. Hulle het sy lyk glo op 20 Julie gedump.

Daar word verder beweer die Russouws het ’n groot klip bo-op die vrieskasdeur gesit uit vrees dat hy sou uitklim.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters