4 dae gelede
Twee vinnig vas ná roof
'n Man het die twee wat verdagtes wat hom beroof het, agterna gesit..  ~ 

DIE polisie in Gqeberha het twee verdagtes gearresteer oomblikke nadat hulle ’n 35-jarige man in Newton Park met ’n mes gedreig en beroof het.

Kapt. Andre Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die man het om 17:00 in Tweede Laan gestap toe die verdagtes hom genader het.

Hy sê die slagoffer het agter die mans aangehardloop nadat hulle met sy selfoon en geld in die rigting van Korsten gevlug het.

Beetge sê ’n polisievoertuig wat patrolleer het, het die rumoer opgemerk en daarin geslaag om hulle in Highfieldweg in hegtenis te neem.

Hy sê ’n mes en skroewedraaier is in die verdagte se besit gevind en die slagoffer se selfoon is later aan hom terugbesorg.

Die verdagtes van 24 en 27 jaar oud sal na verwagting Vrydag in die landdroshof verskyn.-AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters