Verlede maand
Twee vas vir roof en ontvoering
'n Spaza-winkeleienaar is beroof en ontvoer deur mans wat hulself as cops voorgedoen het.  ~ Foto ter illustrasie

TWEE verdagtes sal na verwagting vandeesweek in die Lady Frere-landdroshof vir roof, ontvoering en nabootsing van ’n polisiebeampte verskyn. 

Kapt. Namhla Mdleleni, ’n polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat twee mans hulle as polisiebeamptes voorgedoen en die slagoffer se winkel in Cacadu (voorheen Lady Frere) binnegegaan en hom van ’n onbekende bedrag geld beroof het.

Die verdagtes het ook vuurwapens gesteel en die winkeleienaar ontvoer voordat hulle van die toneel gevlug het.

Mdleleni sê die Tactical Response Team, speurders van georganiseerde misdaad en die Flying Squad is ontbied om na die verdagtes te soek.

Die span het albei verdagtes gearresteer en die vuurwapens in die omgewing van Oos-Londen gevind.

Volgens Mdleleni is die slagoffer ’n buitelander wat ’n spazawinkel in die stad besit. Sy vermeende ontvoerders het hom op ’n onbekende plek gedump waarna hy die saak uiteindelik by die polisie aangemeld het. – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters