2 maande gelede
Twee vas vir moord op kid
 ~ 
ONWETTIG: Twee mans is in polisie-aanhouding vir die besit van kokaïen.Foto terillustrasie

TWEE moordverdagtes, ’n vermeende rower en vier mans met dwelms.

Dít is van die arrestasies wat die polisie in die Baai die naweek uitgevoer het.

Die twee moordverdagtes is Saterdagoggend gearresteer. Een van hulle is 19 jaar oud en die ander se ouderdom moet nog bevestig word.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê dié arrestasies kom nadat die 17-jarige Chulumanco So­dladla 08:30 in sy huis in Babatanestraat in die Walmer Township doodgeskiet is.

KOM VOOR: Twee mans verskyn vandag in die hof vir die besit van dagga. Foto ter illustrasie

Onmiddellik

Chulumanco het geslaap toe familielede ’n skoot in sy kamer hoor. Toe hulle ondersoek instel, het hy op die vloer gelê met ’n koeëlwond in sy mond.

“Die polisie het onmiddellik met ondersoekwerk begin en die twee verdagtes is kort daarna by twee huise in die lokasie gevang.”

Hulle sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn op ’n klag van moord.

In nog ’n voorval is ’n 19-jarige ou Saterdag in Newton Park gearresteer kort nadat hy ’n vrou van haar selfoon beroof het.

“Polisielede was 19:45 besig met patrolliewerk toe hulle sien ’n groep mense hardloop agter ’n man aan.

“Die beamptes het ook die man agternagesit en hom in Tweede Laan gearresteer.

“Die gesteelde selfoon is in sy besit gevind.

“Die man het glo die vrou beroof terwyl sy vir ’n bus gewag het.”

Die verdagte sal vandag in die hof verskyn op ’n klag van roof.

Verder het die polisie van Kabegapark Vrydag saam met die verkeers- en metropolisie ’n roadblock op die N2 naby Baywest gehou.

“Altesame 308 voertuie is gestop en deursoek, 712 mense is deursoek en 29 verkeersboetes ter waarde van R33 500 is opgelê.”

Naidu sê as deel van die polisie se feestydprogram is ekstra beamptes na hot spots en malls ontbied.

Die Bethelsdorp-taakspan het ook suksesse behaal nadat hy inligting opgevolg het oor ’n vuurwapen wat by ’n huis in Burke­straat, Bloemendal, gehou word.

“Toe die polisie die huis deursoek, is ’n 6,25 mm-pistool, nege 6,25 mm rondes ammunisie en 18 .38-rondes ammunisie gevind.”

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen en ammunisie. Niemand is ge­arresteer nie.

Vier mans is ook in afsonderlike voorvalle gearresteer vir die besit van dwelms.

In die eerste voorval Vrydag 14:00 was die polisie besig met patrolliewerk in gebiede waar besighede nog toe was vir die feestyd.

’n Goue Opel Astra het naby ’n verlate gebou gestaan.

Tik

Toe die beamptes ondersoek instel, het hulle twee mans met kokaïen in hulle besit gevind.

In die tweede voorval het die polisie twee mans wat van Kaapweg na Westbourne­weg geloop het, gestop en deursoek. Tik en dagga is by hulle gevind.

Die vier mans sal vandag in die Baaise landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters