4 maande gelede
Twee vas vir gesteelde goedere
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Twee mans van die Baai is gearresteer vir die besit van gesteelde goedere.  ~ Foto ter Illustrasie

TWEE Baaise mans is gearresteer en ’n spul gesteelde goedere is teruggevind.

Die arrestasie van ’n 24-jarige man het die polisie gelei na ’n huis in Kensington waar gesteelde goedere aangehou is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie se honde-eenheid het Woensdag 02:00 ’n maroen Volkswagen Golf in Kempstonweg, Sidwell, opgemerk.

Daar was groot bokse op die kar die voorste en agterste seat. Die polisie het die kar voorgekeer. Toe hulle die bestuurder vra om bewys te gee dat die goedere wettig gekoop is, kon hy nie.

Deursoek

In die bokse het die polisie ’n groot aantal USB charger cables, power banks, ’n tweeplaatgasstoof, ’n extractor fan en kragbokse gekry.

Die verdagte is gearresteer op ’n klag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die cops het toe ’n huis in Oliverstraat, Kensington, deursoek waar hulle nóg goedere soortgelyk aan die goedere wat in die kar gevind is, gekonfiskeer het. ’n Tweede man (28) is gearresteer.

Nóg gesteelde goedere is gevind by winkels in Roosstraat in Sentraal en Mary Boyd-rylaan in Kensington.

Inligting is toe opgevolg wat die polisie tot by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) in Kensington gelei het.

Waaier

“Die stoorkamer was nie gesluit nie en dit het gelyk asof die slotte afgebreek is. Hulle het toe die persoon in beheer van die gebou gekontak en hy het bevestig die goedere wat die polisie gekry het, word wel daar gestoor.”

In totaal is beslag gelê op 700 power banks, 350 USB charger cables, die stoof en waaier, verskeie Kersversierings en -liggies, TV-antennas en Matrix TV game sets.

Beide verdagtes sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn op klagte van die besit van gesteelde goedere.

Brig. Marius Groenewald, Mountweg-stasiebevelvoerder, was vol lof vir die groep speurders.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters