2 maande gelede
Twee mans in verskillende voorvalle geskiet
Kol. Priscilla Naidu  ~ 

DIE cops in die Baai ondersoek twee sake van poging tot moord nadat verdagtes gister en Maandag in twee voorvalle op twee mans losgebrand het.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê gister omstreeks 06:00 het ’n onbekende man die eienaar van ’n spaza shop in Fitchardtweg in Helenvale genader en aangedring op sigarette in sy shop.

Naidu sê die verdagte het ’n gunshot gevuur en die 26-jarige klaer in die nek gewond.

Die verdagte het ná die skietvoorval van die toneel af weggehardloop.

In ’n afsonderlike voorval soek polisiebeamptes na twee verdagtes nadat ’n man Maandagaand in ’n skietvoorval gewond­ is.

Naidu sê om en by 20:15 het die 23-jarige slagoffer in Lingelihlestraat in Timothy Valley gesit toe twee mans skielik op hom losgebrand het. Die slagoffer ken hulle nie.

Een van die koeëls het die man agter in die nek getref.

Ook dié booswigte het ná die voorval weggehardloop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters