2 maande gelede
Twee mans dood in garage-aanval
kapt. AndrĂ© BeetgeFoto: verskaf  ~ 

DRIE Baaise mans was nog besig in die garage van ’n huis in Msimkastraat, New Bright­on, toe ’n onbekende man soontoe geloop en op hulle geskiet het.

Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het verlede Vrydag 11:00 gebeur.

Die 25-jarige Themba Makalima is op die toneel dood.

Die ander twee victims is na die Dora Nginza-hospitaal geneem, waar die 30-jarige Sabelo Ngquphe kort daarna dood is.

Die derde victim, ’n 38-jarige man, is in die been gewond en ontvang steeds behandeling. Sy naam word as gevolg van sekerheidsredes weerhou.

Leidrade

Die motief vir die aanval is nog onbekend.

“ ’n Moontlike link met twee moorde wat vroeër laas week in die gebied gepleeg is, word nie uitgesluit nie en die polisie ondersoek alle leidrade en moontlikhede.”

Die eerste moord in die gebied was dié op Baba Ningi, ’n SMME-leier en koördineerder van die Black Business Caucus. Ningi is Maandag helder oordag voor ’n winkel in Zwide dood­geskiet.

Dieselfde aand 21:30 is die 38-jarige Nkululeko Ngcakasi in Tshiwulastraat, New Bright­on, doodgeskiet.

  • Enige een met inligting word versoek om lt.kol. Willie Mayi by 082 697 5914 te bel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters