11 dae gelede
Twee dood ná kar oor stopstraat jaag
polisie
Twee mense het in die ongeluk omgekom.  ~ Foto ter illustrasie

TWEE mense is Maandag in 'n ongeluk in Motherwell in die Oos-Kaap dood nadat 'n Toyota Tazz oor 'n stopstraat gejaag en in die aankomende baan beland het.

'n Vierjarige meisie het die ongeluk oorleef en is saam met nog 'n passasier na die hospitaal gehaas. Die 35-jarige bestuurder en 'n 39-jarige vrou is op die toneel dood.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die wit Tazz was vanaf Sandile-straat oppad na Tyinira-straat toe die ongeluk gebeur het.

Die bewering is dat die Tazz ’n wye draai moes vat nadat dit oor 'n stopstraat gejaag het. Die motor het in die aankomende baan beland waar 'n vragmotor dit getref het.

'n Bus het die motor ook van agter getref en tussen die twee voertuie vasgepen.

Naidu sê die bestuurders van die bus en vragmotor het geen beserings opgedoen nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. -News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters