Verlede maand
Twee dood in ongeluk
Gru-ongeluk eis lewe van twee.
Gru-ongeluk eis lewe van twee.  ~ verskaf

TWEE mense is dood in 'n gru-ongeluk Vrydagoggend in Humansdorp.

Volgens die departement van vervoer in die Oos-Kaap is die twee insittendes in 'n Opel Corsa dood toe hul voertuig met 'n Mazda5 gebots en aan die brand geslaan het.

Unathi Binqose, 'n woordvoerder vir die provinsiale departement, sê die bestuurder van die Mazda, wat van Plettenbergbaai af gereis het, is beseer en na die hospitaal gehaas.

"Die ander vyf passassiers het net ligte beserings opgedoen.

"Die ongeluk het op 'n stuk pad wat onder konstruksie plaasgevind."

'n Saak van strafbare manslag word deur die Kareedouw-polisie ondersoek. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters